We-R-Real Estate Logo
You are here: We-R-Real Estate / New Development / Residential / Mookgopong / Mookgopong / Retirement Estate in Mookgopong

Retirement Estate in Mookgopong

SHOWING LISTING 1 OF 1
GET EMAIL
ALERTS
0
VIEW MY
FAVOURITES
GALLERY
VIRTUAL TOUR
FLOORPLANS

Die Oog Aftree-Landgoed

Simplexes (400)
Priced from R1,820,000
Size from 123m² to 223m²

Ontwikkeling van Nuwe Fase 6 en Fase 10 in Die Oog Afree-Landgoed - Naboomspruit, Mookpogong

Die Oog Afree-Landgoed bied 'n Vakansie leefstyl met Mediese gemoedsrus, 'n Deeltitel belegging vir kapitaalgroei en verhuringsmoontlikhede en is gefokus op aktiewe veroudering met fasiliteite, dienste en ondersteuningsprogramme.

Die fasiliteite sluit die volgende in:

• Restaurant & wegneemetes
• Winkel
• Ontspanningslokale
• Warmwaterswembad
• Buitelug skaak
• Jukskei bane
• Mini gholfbaan
• Tennisbane
• Wassery
• Haarsalon
• Gimnasium
• Posbusse
• Gedenktuin
• Natuur reservaat
• Glybaan
• Biblioteek
• Pluimbal
• Motorwassery

Die volgende aktiwiteite word bedryf vir elkeen se kies en keur:

• Interkerk dienste
• Koor
• Pilates klasse
• Lyndans
• Aquagim in warmwaterswembad
• Straatbraaie
• Klub Vlytige Voete
• Besige bye
• Fietsry klub
• Afleweringsdienste van kos
• Voëlklub
• Gebedsgroepe
• Volkspele
• Strekoefeninge
• MAP Bewegingsterapie
• Ribbokaksie
• VLU
• Brug Gilde
• Rummyklub
• Karate
• Pitkos
• Oog-Appel Samesang
• Boogskiet

Heffings:

Die Oog se allesomvattende heffing is van die beste waarde vir geld in die aftree-oord mark.
Sommige aftree oorde se heffings is laer, maar dan moet die eienaars nog baie ander kostes self betaal.

Wat is alles ingesluit in die heffing:

• Voorkomende gesondheidsorg en noodreaksie
• Sekuriteit en toegangsbeheer
• Tuindienste een keer per week
• Skoonmaakdienste een keer per week binne die huis
• Onderhoud aan die buitekant van jou woning
• Weeklikse vullisverwydering
• Huiseienaars versekering

Die nuwe Ontwikkeling by Die Oog Aftree-Landgoed bied ‘n verskeidenheid van tipes wooneenhede om in elke behoefte te voorsien. Tans is daar die volgende eenhede beskikbaar:

Fase 6:

Fase 6 bestaan uit die gewildste grootte eenhede op Die Oog aftree-landgoed. Dit is op die ou karavaanpark geleë. Die planne van die eenhede wissel tussen 2 en 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n oopplan leefarea en kombuis, 1 of 2 motorhuise, onderdak stoep met ‘n ingeboude braai. Die huise het teël-, chromadekdakke. Addisioneel kan ‘n professionele afdak gebou word vir addisionele motor of ‘n karavaan staanplek.

Fase 10

‘n Prima fase met groter huise, ongelooflike ligging, pragtige uitsig, baie privaatheid , word ontwikkel volgens jou behoefte in die natuur reservaat. ‘n Verskeindenheid van planne bied alles wat jou hart begeer vir jou behoefte en leefstyl.

Spesiale fase vir gesondheidsorg:

Na aanleiding van ons navorsing is daar ‘n geweldige behoefte in ‘n fasiliteit vir alzheimer/dementia pasiente in die Limpopo provinsie. Daarom word die huidige gesondheidsorg sentrum uitgebrei om aan hierdie behoefte te voldoen. Verder word addisionele twee slaapkamer eenhede by hierdie sentrum beplan wat aan die behoefte gaan voldoen om eienaars onafhanklik te laat bly met volledige bystandsorg vanaf die gesondheidsorgsentrum.


Die terapeutiese water van Die Oog, die natuurlike warmbron, bly ‘n immergewilde aantrekkingskrag met Asemrowende Bosveld natuurskoon, Oop- en veilige ruimtes, Psigiese welstand en Intellektuele rekreatiewe aktiwiteite.

Skakel my vandag om U tuiste in die bos te vind.

Key Features / Amenities

Alle oordragskostes ingesluit.
STREET MAP
STREET VIEW
-24.5036834, 28.7139694
1
Disclaimer:  While every effort will be made to ensure that the information contained within the We-R-Real Estate website is accurate and up to date, We-R-Real Estate makes no warranty, representation or undertaking whether expressed or implied, nor do we assume any legal liability, whether direct or indirect, or responsibility for the accuracy, completeness, or usefulness of any information. Prospective purchasers and tenants should make their own enquiries to verify the information contained herein.